Markseine of roofpryse?

Hierdie video kyk na die mark vir gesigmaskers. Wanneer word ‘n roofprys gevra, of is ‘n prysstyging juis nodig om meer produsente tot die mark te laat toetree?

Opdatering: Nadat hierdie video gemaak is, het Business Live ‘n interessante artikel gehad oor die saak van Babelegi Workwear and Industrial Suppliers voor die Mededingingskommissie. Gisteraand het die Mededingingskommissie ‘n boete van R10,9 miljoen vir die firma Matus gegee nadat die maatskappy die pryse van stofmaskers volgens hulle bevinding buitensporig verhoog het.

Lewer kommentaar