Vandag se Ekonomie Minuut gaan oor die impak wat die Covid-19 pandemie en inperking op die informele sektor gehad het, en steeds het.
Luister die potgooi hier: Die Ekonomie Minuut, Episode 22. Of teken in op enige van die groot kanale.
Die bronne vir die storie is ‘n onlangse verslag van die Centre for Development and Entreprise wat ‘n opsomming gee van die sienings by ‘n werkswinkel wat hulle in Junie gehou het. Lees die verslag hier: South Africa’s informal sector in the time of Covid-19.
Een van die deelnemers aan daardie gesprek was Prof Frederick Fourie. Sommige mense argumenteer dat die informele sektor gedwing moet word om aan regulasies te voldoen, en om te formaliseer. Hy argumenteer egter dat sulke mikro-ondernemings eerder ondersteun moet word met formele struture en prosesse en dan sal hulle self ontwikkel. Ek stem saam. Prof Frederick het ‘n e-boek wat navorsing oor die informele sektore in Suid-Afrika saamvat. As dit na aan jou hart is, moet jy hierdie lees: South Africa’s informal sector: Creating jobs, reducing poverty.