Vlak 4 of 3? Waar die ekonomie is, is ook belangrik

Ekonome praat gereëld oor die ekonomie van Suid-Afrika en die impak van die Covid-19 pandemie op die ekonomie, maar het gewoonlik nie veel te sê oor die feit dat ekonomiese aktiwiteit ongelyk versprei is oor die land nie. Met die aankondiging dat meeste van Suid-Afrika teen die einde van die maand op vlak-3 inperking behoort te wees, maar dalk nie die metro-stede nie, gaan ekonomiese geografie vinnig belangrik word.

Die metro-stede het hoë bevolkingsdigtheid, mense het baie meer interaksie met mekaar, en dit dra by tot die verspreiding van die coronavirus. Dit is met reg ‘n bekommernis.

Dit is egter ook waar die meeste ekonomiese aktiwiteit plaasvind. Die besighede in stede deel gespesialiseerde verskaffers en kry die voordele van ekonomieë van skaal. Mense bly in stede omdat daar meer en beter werksgeleenthede is. Almal leer bymekaar en “idees is in die lug”. Stede se deel van uitset

Die tabel wys dat die metro-stede in Suid-Afrika produseer saam ongeveer 62% van die toegevoegde waarde van die hele land. Gauteng verteenwoordig meer as die helfte daarvan. Die ander 38% van produksie gebeur in die res van die land.

Ek sal al baie bly wees as my koffiewinkel en haarkapper hier in Potchefstroom verligting kry van die inperkingsmaatreëls. Maar, soos wat die data wys, as die metro-stede op vlak 4-inperking bly sal ons nie kan sê dat daar veel gedoen is om die hele Suid-Afrikaanse ekonomie oop te maak en aan die gang te kry nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s