BankservAfrica se indeks van ekonomiese transaksies (BETI) is vandag bekend gemaak en dit skets ‘n donker prentjie van wat in die ekonomie gebeur het tydens die inperking in Aprilmaand.
Die BETI meet interbank elektroniese transaksies onder R5 mijoen en is dus ‘n omvattende aanwyser van wat in die ekonomie gebeur (en dit is redelik vinnig beskikbaar). Uitgedruk as ‘n jaarlikse koers het die BETI in April met 15,2 persent afgeneem. Die volume van transaksies was 16,4 persent laer. In nominale rand terme wat dit ‘n afname van R709,2 miljard rand. Economists.co.za se Mike Schüssler verduidelik dat die afname in transaksies dui op die krisis wat die ekonomie beleef tydens die inperking.