Hoe gaan dit met die ekonomie?

Die media rapporteer elke dag nuus oor hoe sleg dit met die ekonomie gaan. Dit gaan nie goed nie, en dit is belangrik om te besef dat wat mens in die koerant lees nog los legkaartstukke is: Die olieprys is baie af en weer bietjie op, daar is al meer as 140 ondernemings in sakeredding, tot 90000 toerisme-sektorwerke in Kaapstad kan verlore gaan… Die hoeke en kante van die legkaart is baie keer nie beskikbaar nie want die data word eers ‘n kwartaal later beskikbaar. Die vooruitskattings dat die ekonomie met 5,8% (IMF), met 6,1% (SARB), of met 10-17% (B4SA) kan inkrimp hierdie jaar is presies dit – beramings vanuit ekonomiese modelle.

Vandag het daar ‘n stukkie amptelike StatsSA data beskikbaar gekom vir die eerste kwartaal van 2020. Dit is die persentasie kapasiteitsbenutting deur groot ondernemings in die vervaardigingsektor. Dit is data van voor die impak van Covid-19 pandemie en die inperking, en dit wys dat die ekonomie al aan die begin van die jaar swaar getrek het. In feitlik al die sub-sektore was kapasiteitsbenutting ietwat laer in die eerste kwartaal as in 2019.

More stel BankservAfrica van hulle opname van verbruikersbestedingsdata bekend. Dit is meer hoë-frekwensie data wat al van die impak van die imperking gaan wys. Bly ingeskakel!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s