Julle studiemateriaal gee mooi verduidelikings van die onderskeid tussen Makro-ekonomie en mikro-ekonomie, maar die strokie Saturday Morning Breakfast Cereal (of net SMBC as jy cool genoeg is om dit reeds te volg) doen dit dalk selfs beter:
Mikro en nutmaksimerende verbruikers en winsmaksimerende ondernemings wat altyd rasioneel optree en markvorme vanaf volmaakte mededinging tot monopolie is van die goed wat mens nooit so eenvoudig of duidelik in die praktyk sien nie – maar ons het ‘n klomp mooi modelle en grafieke daarvoor!
Net so is Makro se vraagstukke van ekonomiese groei, werkloosheid of inflasie aan die orde van die dag in die wêreld daar buite, maar dit is ook baie kompleks en ekonome kan skaars begin om alles presies te verduidelik.