Ekonomiese goedere word teen ‘n koste geproduseer deur skaars hulpbronne te gebruik. Vrye goedere is nie skaars nie, en daarom het dit nie ‘n prys nie. Daar is egter baie goedere wat nie ‘n prys het nie en mense voel hulle hoef nie daarvoor te betaal nie, maar dit is nie werklik vrye goedere nie. Dit is net moeilik om ‘n prys vas te stel omdat eienaarskap onduidelik is.
Ons sou tipies sê dat skoon lug ‘n vrye goed is, maar as jy naby ‘n groot fabriek bly wat die lug besoedel, is skoon lug eintlik skaars. In Ekonomie sê ons dat die lugbesoedeling is ‘n negatiewe eksterne effek van die fabriek se produksie. Dit veroorsaak ‘n koste vir mense wat die vuil lug in asem, maar daardie koste is nie deel van die fabriek se kostestruktuur nie. Omdat niemand skoon lug besit nie, is daar nie ‘n prys om te betaal wanneer dit besoedel word nie. Vrye goedere word baie keer misbruik.
Die moontlike oplossings sluit in dat die owerheid besoedelingspermitte verkoop. Of dat hulle hulle ‘n belasting hef op besoedeling. In Suid-Afrika is daar juis ‘n voorstel vir die instel van ‘n koolstofbelasting in 2014. Daar is mense wat argumenteer dat nywerhede nie die belasting kan bekostig nie. Die vraag is, kan die aarde dit bekostig dat ons nie koolstofvrystelling verminder nie?
Lees meer hieroor in die Business Day artikel Carbon tax in SA.
The Economist rapporteer ook oor nuwe navorsing uit die VSA:
The paper’s authors, Adam Isen, Maya Rossin-Slater and Reed Walker, compared the adult labour-market outcomes of those born in counties in America where air pollution decreased as the result of the 1970 Clean Air Act to those born in areas where pollution did not fall in this period. They found that those who were born in counties that were forced to cut air pollution as a result of the legislation earned more by their thirties than they would have otherwise: gaining approximately $4,300 each in extra income over their lives.