Tag Archives: nudge

Gaan die studie van Ekonomie jou selfsugtig maak?

dilemma

Op die Evonomics blog skryf Prof Adam Grant dat daar al hoe meer bewyse is dat die studie van Ekonomie jou meer selfsugtig maak. Hy gee ‘n klomp voorbeelde van studies wat bevind dat Ekonomie studente minder geneig is om saam te werk of vrywillige bydraes te maak. Moet jy bekommerd wees?

Ek dink nie so nie. Wat Prof Grant miskyk is dat Ekonomie studente opgelei word die speletjies wat in die navorsings gebruik word, te speel, en dus weet wat die “regte” ekonomie antwoord is. Hulle is nie meer selfsugtig nie, hulle verstaan net hoe mense tipies dink en gebruik dit tot hulle voordeel.

Dit gaan spesifiek oor die sogenaamde dilemma van die gevangenis uit die veld “spel teorie” / “game theory” wat deel is van Mikro-ekonomie. Die storie is dat twee vermeende inbrekers deur die polisie betrap word. Hulle is verdagtes, maar die polisie het nie genoeg bewyse dat hulle die skuldiges is nie. Nou word hulle ondervra (dink “good cop, bad cop”) en hulle opsies is in die tabel. Lees voort