Tag Archives: ekonomiese ontwikkeling

Nuutste Ekonomiese Navorsing – Die ekonomiese stelsel van Apartheid

EOAwbTwintig jaar na die einde van die apartheidstelsel kan daar geen twyfel wees nie dat sy nalatenskap aanhou om die Suid-Afrikaanse samelewing te affekteer. Inderdaad, politici noem gereeld dat die ruimtelike patrone van apartheid aanhou om in ons dorpe en stede uitgespeel te word, en dat die kultuur van geweld wat tans in Suid-Afrika voorkom sy wortels in die verlede het.

Akademiese navorsing bevestig ook dat dit die geval is, met armoede onder die swart bevolking steeds baie hoog, terwyl daar ook ʼn algemene traagheid is in die standaard van opleiding. Werkloosheid onder die swart bevolking is ook steeds ʼn probleem, en daar bly ʼn element van wantroue en nie-samewerking. Lees voort

Die Nasionale Ontwikkelingsplan

‘n Stukkie nuus wat verlede week still-stil verby gegaan het is dat die Parliament die Nasionale Ontwikkelingsplan aanvaar het. Hulle is daartoe verbind dat alle toekomstige planne en projekte met die NOP belyn moet word.

“The programme of Parliament must fit the NDP. We need to have a week each month where the focus is going to be the NDP, in sittings and committee meetings, and also involve civil society in our engagements,” said Political and Economic Advisor to the Speaker Mr Arthur Moloto.

contentAs jy meer wil leer van die NOP is ons Skool blog die best plek om the begin:

Die heel beste is natuurlik om ‘n kopie van sy boek in die hande the kry.

‘n Paar interessante feite oor volhoubare ontwikkeling

Die afgelope week by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos het Hans Rosling ‘n puik lesing gegee oor volhoubare ontwikkeling. Met die titel “Demystifying the facts” het hy vir die wêreld se sake-leiers en politici meer vertel van ontwikkeling. Kyk gerus die YouTube video:

As jy self met die grafieke wil speel (hulle is awesome), gaan na Gapminder.org