Meer oor die blog

Hierdie blog word bedryf deur Prof Waldo Krugell van die Skool vir Ekonomiese wetenskappe by die Noord-Wes Universiteit se Potchefstroomkampus.

Ek dink dat die studie van Ekonomie en die idees van ekonome is belangrik. J.M. Keynes het geskryf:

0 R

The ideas of economists and political philosophers, both when they are right and when they are wrong, are more powerful than is commonly understood. Indeed the world is ruled by little else. Practical men, who believe themselves to be quite exempt from any intellectual influence, are usually the slaves of some defunct economist.

Meeste van ons kry met Ekonomie te doen deur die nuus, maar wat met die markte, wisselkoers of BBP gebeur, en hoekom dit gebeur, is nie altyd duidelik nie. Ek hoop om hierdie blog te gebruik om Ekonomie meer verstaanbaar te maak, om insig te bied, en perspektief te gee.

Vir nou is daar drie dele:

  • Hierdie week in die ekonomie,
  • Leer “ekonomees” praat,
  • Business briefs – wat beteken wat in die ekonomie gebeur vir besigheid.

Bly ingeskakel!

Daar is ook baie ander hulpbronne vir hoërskoolleerders van ekonomie en studente.

4 Comments

    1. Hello mart-Mari, ek hoop hierdie blog gaan nog ‘n groot hulpbron word vir onderwysers en leerlinge. Vertel asb vir almal. Ek is net al klaar besig om agter te raak. As jy hulpbronne oor ‘n spesifieke onderwerpe soek, laat weet, dan maak ek ‘n plan.

      Like

  1. Hi, Waldo

    Baie dankie vir al die hulpbronne. Ek het eers vandag hiervan uitgevind, en sal dit definitief kan gebruik, en sal dit gebruik.
    Sterkte met die blog!

    Like

  2. Ongelooflik! Ek is ‘n Ekonomie opvoeder in die Paarl. Met ‘n besige program en druk by die skool is daar so min tyd om addisionele bronne te gaan soek! Hierdie gaan baie help. Ek merk al vir ‘n klompie jare matriekvraestelle aan die einde van die jaar. Leerders MOET kennis hê oor aktuele onderwerpe en moet ook hulle eie opinie daaroor kan lewer. Dankie – ek sal ‘n lojale gebruiker wees!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s