Werkopdragte

Die Ekonomie blog het nou ook ‘n skakel na werkopdragte vir Graad 10 leerlinge.

Volg die skakel na die Werkopdragte blog!

Dit is ontwikkel deur Dr Jan Krugell. Hy is ‘n afgetrede Ekonomie onderwyser met jare se ervaring in die klaskamer. Hy het ‘n groot passie vir die onderrig en leer van Ekonomie, spesifiek die gebruik van werkopdragte om die inhoud van die vak toe te pas en leerder aan te moedig om te dink soos ‘n ekonoom.

Die doel met hierdie skriftelike werkopdragte is om die komponente wat in Graad 10 Ekonomie behandel word, praktykgerig te maak. Die praktiese werklikheid van die nasionale ekonomie word dus betrek. Verder is die oogmerk met die vrae om ’n verdieping van die vakkennis van Ekonomie mee te bring, om kritiese denke te bevorder, asook die vermoë om analities en rasioneel oor ekonomiese probleme te dink.