Vergoeding van kapitaal en arbeid

Vergoeding van kapitaal
Uit The Economist

In Ekonomie leer mens dat die produksiefaktore en hulle vergoeding is as volg: Kapitaal kry rente, Arbeid kry loon, Natuurgawes kry huur en Ondernemerskap kry wins. Dit word bepaal in die mark vir produksiefaktore en is die vraagstuk van VIR WIE om te produseer. Die betaling van die produksiefaktore bepaal weer watter deel van al die goedere en dienste hulle kan bekostig.

Dit klink heel droog en eenvoudig, maar het te doen met die grootste vraagstukke van produksie en verdeling. Of produksie meer kapitaal-intensief is of meer arbeidsintensief is bepaal die verdeling van inkomste. Die stryd tussen arbeid en kapitaal is juis waaroor Marx geskryf het. Dit het onlangs weerklink in die sg. “Occupy”-beweging. Moderne tegnologiese ontwikkeling, soos die gebruik van robotte in vervaardiging, het belangrike implikasies vir die produksiefaktore en hulle vergoeding. Daar is dus baie meer om te skryf as die paar hulpbronne wat ons hier uitlig.

Die opbrengs op kapitaal, die vergoeding van arbeid en die ongelykheid waarmee dit gepaard gaan is onlangs bespreek in ‘n paar interessante artikels in The Economist:

INEQUALITY is one of the most controversial attributes of capitalism. Early in the industrial revolution stagnant wages and concentrated wealth led David Ricardo and Karl Marx to question capitalism’s sustainability. Twentieth-century economists lost interest in distributional issues amid the “Great Compression” that followed the second world war. But a modern surge in inequality has new economists wondering, as Marx and Ricardo did, which forces may be stopping the fruits of capitalism from being more widely distributed.

  • Daar is ook ‘n tweede artikel oor Thomas Piketty se nuwe boek Capital in the 21st century.
  • En een oor die aard van werk en arbeidsmarkte.
  • Skaars vaardighede gee altyd ‘n goeie opbrengs, maar dit verskil ook tussen lande.
  • Maar gaan dit altyd die geval wees? Wat hou tegnologie van die toekoms in vir werkers en ongelykheid?

    1016735_583405368404687_579554285_n
    Uit The Economist
  • Paul Krugman skryf oor hoekom ons oor die sg. 1% moet praat.

Gepraat van tegnologie en die aard van werk en werksgeleenthede: The Economist het ‘n puik artikel hierdie week.

Hulle rapporteer onder andere oor navorsing oor die waarskynlikheid dat sekere werke binne die volgende twee dekades net deur rekenaars gedoen gaan word.

As jy dalk self na Suid-Afrika se data wil kyk, laai dit hier af in Excel formaat: Vergoeding van produksiefaktore.

Die bron is die SAIRR se South Africa Survey en daar is inligting oor:

  • Die eienaarskap van bates.
  • Neigings in lone en salarisse.
  • Maandelikse verdienste van soorte werk en vlakke van opleiding.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s