Verbruiksbesteding deur die owerheid

Die studiemateriaal gee ‘n goeie oorsig oor hoe owerheidsbesteding geklassifiseer word en die belangrikheid van owerheidsbesteding.

Vir ‘n lekker beleidsperspektief is dit die moeite wêrd om Andrew Donaldson se Econ3x3 artikel te lees: Enabling growth. Hy skryf dat die manier waarop die owerheid sy belasting-inkomste bestee gaan ‘n groot deel uitmaak van die implimentering van die Nasionale Ontwikkelingsplan. ‘n Belangrike deel van die owerheid se besteding is herverdeling – dienste en oordragbetalings wat gemik is op armes. Hy argumenteer dat dit nie net gaan oor armoede verligting of groter gelykheid nie, maar dat dit ook ekonomiese groei moontlik kan maak. Hy gee dan ‘n lys van beleidsprioriteite soos stedelike ontwikkeling, behuising en infrastrutuur-investering, vaardigheidsontwikkeling en ondersteuning vir klein ondernemings en die informele sektor. Die belangrike vraag is, pas die regering se doelwitte en besteding bymekaar?

Goeie voorbeelde van die verskil wat die regering wel oor die afgelope 20 jaar gemaak het, is saamgevat in ‘n verslag wat die Wêreldbank in 2014 bekend gemaak het. Die titel is Fiscal policy and redistribution in an unequal society. Dit wys onder andere dat 3.6 mijoen Suid-Afrikaners uit armoede gelig is en ongelykheid met ‘n kwart verminder is deur die owerheid se gebruik van belasting en oordragbetalings. Laai  gerus die gratis e-boek af as jy meer daaroor wil lees.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s