Primêre sektore in Suid-Afrika

Die belangrikheid van natuurlike hulpbronne en die primêre sektore in die Suid-Afrikaanse ekonomie is iets wat ons gereëld hoor. Nuus oor stakings en sprake van onteiening of nasionalisering is meestal betrekking tot lanbou en mynbou – niemand praat ooit van die staking van haarkappers of die nasionalisering van paneelkloppers nie!

Hoewel hierdie belangrike vraagstukke is wat ‘n wye invloed kan hê is dit ook belangrik om hierdie sektore in perspektief te sien. Daarvoor kan jy gerus na die Suid-Afrikaanse data kyk:

Die data wys dat die bydraes wat die landbou en mynbou-sektore maak tot die ekonomie skerp afgeneem het. Landbou se bydra tot bruto toegevoegde waarde het afgeneem vanaf 16.6% in 1951 tot 2.5% in 2011. Mynbou se bydra het afgeneem van af 12.1% na 9.8%. In 2011 was 2.3% van die formele indiensname in Suid-Afrika in die mynbou-sektor. In terme van uitvoer was landbou-produkte se bydra tot totale uitvoerwaarde sedert die vroeë 1990s so tussen 3% en 4%. Mynbou se bydra tot uitvoer het gewissel tussen 16% en 44%.

So ja, dit is nuuswaardige en volatiele sektore van die ekonomie, maar dit is nie duidelik dat natuurlike hulpbronne die groot drywers van groei of skeppers van werksgeleenthede is nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s