In samehang met die interessante feite oor die opbrengs op kommoditeite (waarvan talle natuurlik landbou-produkte is), het The Economist onlangs ‘n interessante artikel gehad oor belegging in landbou-grond.
Hulle verduidelik dat oor die volgende 40 jaar sal mense meer kos moet produseer as oor die afgelope 10000 jaar saam. Dit beteken dat daar is groot geleenthede in die landbou-bedryf, maar boere en lanbou-maatskappye het geld nodig om dit te ontgin. Dit beteken dat beleggers, soos pensioenfondse, wat sou kon belê in goud, aandele, of eiendom, nou ook in landbou-grond belê. Die grafiek wys dat die opbrengste op beleggings in landbou-grond in die VSA en Britanje hoog was en beleggers kyk ook na geleenthede in plekke soos Brazilië en Zambië. Daar is al 36 fondse wat fokus op lanbou en saam bestuur hulle $15 mijard.
Lees gerus die hele artikel.