Bruto vaste kapitaalvorming, of investeringsbesteding is een van die elemente van totale besteding wat deur verskillende faktore beïnvloed word en wat baie kan verander van jaar tot jaar. Dit word ook gesien as een van die belangrike drywers van ekonomiese groei. Die studiemateriaal verduidelik wat presies bedoel word met vaste kapitaalvorming en waarom dit belangrik is.
Hierdie blog het ook heelwat data oor investering:
- Investering 1960 tot 2012
- Investering per sektor
- Volgens die tipe investeerder
- Buitelandse investering
As jy wonder watter faktore bepaal investering, of is drywers van investering is hierdie TIPS verslag wat jy nodig het. Dit is al bietjie oud (en ‘n baie lang Engelse dokument), maar dit is deeglike werk. Die opsomming maak ‘n klomp goeie punte:
- Onsekerheid het ‘n negatiewe impak op investering, veral in die vervaardigingssektor.
- Die koste van kapitaal (rentekoerse) het ook ‘n belangrike invloed.
- Tegnologiese verandering, die oopheid van die ekonomie en die reële koste van arbeid was nie belangrike drywers van investering oor die periode 1970 tot 1997 nie.
- Investering in verskillende sub-sektore word verskillend beïnvloed deur veranderinge in die vraag en deur onsekerheid.