Hoekom die nasionale rekeninge so belangrik is

Die studiemateriaal verduidelik mooi wat is bruto toegevoegde waarde, BBP en Bruto Nasionale Inkomste, maar mens kom nog nie onder die indruk hoekom dit so belangrik is om te weet wat is die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die grense van die land geproduseer word binne een jaar nie.

Die vlak van BBP (uitgedruk in miljarde rand of dollar, of in R of $ per capita) bepaal hoe ‘n land geklassifiseer word deur multilaterale organisasies soos die Wêreldbank or Wêreld Handelsorganisasie. Dit bepaal weer die bystand wat ‘n land ontvang, of voordele wat  gegee word vir lae-inkomste lande. Die groeikoers van die BBP beïnvloed ook hoe beleggers oor die ekonomie dink – hoe volhoubaar die skuld-tot-BBP verhouding of lopende rekening terkort-tot-BBP gesien word. Dit is dus heel belangrik dat die nasionale rekeninge so akkuraat as moontlik moet wees.

poor numbersProf Morten Jerven het ‘n studie gemaak van die probleme met nasionale rekeninge in Afrika lande:

  • Hy wys uit dat om te sê dat 7/10 van die wêreld se vinnigste groeiende ekonomieë is in Afrika, is eintlik sinneloos. Daar is net te veel probleme met die data.
  • In 2014 is daar heelwat geskryf oor die feit dat Nigerië vir Suid-Afrika verby gesteek het as die grootste ekonomie in Afrika, maar wat nie mooi verduidelik is nie, was die herberekening van die BBP syfers in Nigerië. The Economist verduidelik dat wanneer ekonomiese groei bereken word, vra die nasionale statistiese agentskap ‘n steekproef van firma’s hoe vinnig hulle groei. Maar met verloop van tyd verander die struktuur van die ekonomie (groei vind dalk in ander sektore plaas. Dit is dus nodig om elke 5 jaar die basisjaar aan te pas. Nigerië het dit nie gedoen tussen 1990 en 2013 nie. Toe hulle dus in 2014 ‘n behoorlike opname doen van ekonomiese aktiwiteit kom hulle agter die ekonomie is 89% grootter as wat hulle in 2013 gedink het. Prof Jerven se argument is dat sulke groot aanpassings problematies (en soms ongeloofwaardig) is. Afrika lande moet belê in beter nasionale rekeninge.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s