Elastisiteit: SA navorsing oor plastieksakke

Die prys- of inkomste elastisiteit van vraag is ook ter sprake wanneer die owerheid inmeng in die mark en pryse beïnvloed deur middel van ‘n belasting. Plastiek inkopie-sakke is ‘n goeie voorbeeld van ‘n produk waarvan die gebruik gepaard gaan met ‘n negatiewe eksternaliteit. Die koste van ‘n sak is laag vir die individu wat dit gebruik, maar wanneer dit as rommel rondgestrooi word is daar ‘n impak op die omgewing en koste vir die gemeenskap. In Suid-Afrika was en is plastieksakbesoedeling ‘n probleem. Die handboek-oplossing is om ‘n Pigouviaanse belasting te hef – verhoog die prys van die sak vir die individu en dan sal hulle dit nie rondstrooi nie. In Suid-Afrika is dit presies wat die regering probeer het en Johane Dikgang, Anthony Leiman en Martine Visser het ‘n 2012 artikel daaroor in die joernaal Applied Economics. Elastisiteit is belangrik: as die prys van sakke styg gaan die hoeveelheid gevra afneem, maar met hoeveel?

plastic bagsHulle navorsing het bevind dat in die eerste drie maande na die instel van die belasting – aanvanklik R0,46 per 24 liter sak wat 24 um dik is – het die hoeveelheid sakke gevra met 76% afgeneem.

Na druk vanaf die plastieksakvervaardigers het die pryse van sakke geval (gemiddeld 46%) en kleinhandelaars het self begin besluit hoeveel hulle vir sakke vra. Die hoeveelheid sakke gevra het toe weer toegeneem en dit blyk dat die prys-elastisiteit van vraag na plastieksakke in Suid-Afrika baie laag is.

  • Miskien is die prys per sak te laag.
  • Dalk is dit dat verbruikers nie eers weet hoe die pryse van sakke verander nie.
  • Daar is ook nie veel substituutprodukte beskikbaar nie – papier- of lapsakke.
  • Of dalk is die koste van die sakke so klein deel van die inkopies dat verbruikers nie omgee nie en gewoond is om te betaal.

Partykeer is die prysmeganisme nie genoeg om mense se gedrag te verander nie – omgewingsopvoeding is net so belangrik.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s