Ander interessante toepassings van die elastisiteitskonsep word mooi verduidelik in hierdie twee video’s van Marginal Revolution University.
Die eerste voorbeeld is ‘n uitsonderlike een: Tydens die burgeroorlog in Sudan in 1993 is mense ontvoer en as slawe verkoop, maar menseregtegroepe het probeer ingegryp deur mense los te koop. Hulle gebruik die elastisiteit van vraag en aanbod om te ontleed of dit gewerk het.
Kyk dit hier: Elasticity and slave redemption.
In die tweede voorbeeld kyk hulle na programme in die VSA waar die owerheid onwettige vuurwapens opkoop om dit uit die hande van misdadigers te probeer kry.
Kyk dit hier: Applications using elasticity.