Ekonomiese stelsels

Daar is ‘n baie hulpbronne oor ekonomiese stelsels beskikbaar op die internet. Google gerus enige van jou trefwoorde en jy gaan bladsye se inligting kry. As jy ‘n spesifieke vraagstuk het, stuur gerus ‘n “op aanvraag” epos vir die Ekonomie blog.

Andersins, as jy meer wil leer van sentraal beplande stelsel, spesifiek die Sowjet ekonomie van die 1950s en 1960s is Francis Spufford se boek Red Plenty die een om te lees. Dit is nie ‘n geskiedenis boek nie. Dit is geskryf as ‘n storie. Maar deur die karakters te volg leer jy ook hoe die USSR se sentraal beplande ekonomie gewerk het. Die boek het ook ‘n blog, met meer inligting oor die plekke en van die ware mense agter die storie, die mees interessante foto’s en selfs grappies uit die Sowjet era.

Ander skakels na inhoud wat my oog gevang het sluit in:

  • lenin
    Lenin (Vladimir Ilyich Ulyanov), nie John Lennon nie!

    In 2012 skryf The Economist oor die opkoms van sogenaamde “State Capitalism”. Die owerheid en openbare ondernemings speel dan ‘n leidende rol in ekonomiese groei en ontwikkeling – soos in Singapoer of in Sjina.

  • Teen 2014 skryf hulle oor die probleme en oneffektiwiteit van daardie openbare ondernemings en praat weer van Privatisering 3.0.
  • In Suid-Afrika word daar gereëld gepraat van die “Developmental State”. Op die ECON3x3 blog verduidelik Prof Philippe  Burger dat dit nie ‘n model is wat ons kan gebruik om werkloosheid, ongelykheid en armoede in Suid-Afrika aan te spreek nie.

Dan is daar ‘n snaakse verduideliking van verskillende stelsels met behulp van koeie:

SOCIALISM
You have 2 cows.
You give one to your neighbour.

COMMUNISM
You have 2 cows.
The State takes both and gives you some milk.

TRADITIONAL CAPITALISM
You have two cows.
You sell one and buy a bull.
Your herd multiplies, and the economy grows.
You sell them and retire on the income.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s