Dienslewering in Suid-Afrika

Die studiemateriaal gee ‘n goeie verduideliking van wat bedoel word met dienslewering deur die owerheid. Daar word onderskei tussen sosiale en ekonomiese dienste en omvat eintlik die totale rol van die owerheid in die ekonomie. Die Focus handboek van Burger et al. gee aan die einde van die afdeling ‘n interessante opdrag nr. 5 – jy moet ‘n verslag skryf oor die lewering van sosio-ekonomiese dienste – en dit is dalk net waar ons kan help:

  • As jy teoreties wil raak oor dienslewering, lees hierdie Wêreldbank blog oor “die wetenskap van dienslewering“. In Suid-Afrika het ons baie dinge reg gekry oor die afgelope 20 jaar, maar soos wat vermorsing en protes teen swak dienslewering vandag wys, is dit nodig om te dink oor watter beleide gemaak word, maar dan ook oor hoe hulle geïmplimenteer word.
  • As jy net meer besonderhede wil hê oor wat alles bereik is tussen 1994 en 2014, is die Twenty Years of Freedom webblad die beste plek om te begin. Laai hulle Twenty Year Review dokument af.
  • As jy meer wil weet van die mislukkings van dienslewering is daar ongelukkig baie voorbeelde in onderwys, gesondheid, behuising en basiese dienste. Daar is amper elke dag voorbeelde in die koerant. As jy opsoek is na ‘n meer wetenskaplike aanslag, kyk na hierdie 2007 verslag van die Centre for Development Support. Dit titel is The cauldron of local protests: reasons, impacts and lessons learned.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s