Soos wat daar ‘n groot aantal groot vraagstukke is rondom arbeid in die Suid-Afrikaanse ekonomie, is daar gelukkig ook redelik data beskikbaar wat ekonome kan gebruik om dit te ontleed. Statistiek Suid-Afrika se sensus het bv. inligting oor of mense werk het of werkloos is. Kenners gebruik hulle kwartaallikse Arbeidsmagopname. Die nuwe NIDS (National Income Dynamics Survey) is ook ‘n ryk bron van data oor arbeid.
Op hierdie blad deel ons ook inligting wat die SAIRR saamstel uit die amptelike bronne:
- Arbeidsmark data
- Ekonomies aktiewe bevolking
- Arbeidsmagdeelname
- Indiensname en sektore
- Indiensname en beroepe
- Werkloosheidskoers
- Loonverhogings
- Vakbonde en lede
- Stakings
Die data kan ook soms debat uitlok. Die getalle wat Adcorp gee vir werkloosheid onder jongmense, veral gegradueerdes, is syfers wat ons in die koerante sien, maar akademiese navorsing het al mooi gewys dat dit nie korrek is nie. Lees gerus wat skryf Prof Servaas van der Berg van Stellenbosch Universiteit op die ECON3x3 blog hieroor.