Arbeid: Daar is vraagstukke

Die studiemateriaal gee ‘n baie kort verduideliking van wat met arbeid bedoel word, dat mens kan onderskei tussen geskoolde, semi-geskoolde en ongeskoolde arbeid, dat onderwys en opleiding belangrik is om mensekapitaal te ontwikkel. Daar is ‘n sin of twee oor produktiwiteit en lone en die rol wat vakbonde speel, maar dit is baie inleidend.

Internasionaal, maar veral is Suid-Afrika, is arbeidsvraagstukke van die mees belangrike vraagstukke wat ekonome bestudeer. Eerder as om hier te probeer om ‘n paar interessante goed te noem, gaan arbeid een van die belangrike onderwerpe van die grensnut weblogs wees. Internasionaal is almal bekommerd oor werkloosheid: in die VSA het arbeidsmagdeelname afgeneem na die finansiele krisis, in Europa is die kommer veral oor jeugwerkloosheid.

Screen Shot 2015-01-07 at 9.22.46 PMHierdie week was daar ‘n interessante New York Times artikel oor hoe werklose mense hulle tyd bestee. Nouriel (Dr. Doom) Roubini het in ‘n artikel gevra: waar gaan al die werkers heen gaan wanneer algoritmes en robotte hulle werke gevat het? Daar was baie antwoorde op Twitter en blogs en Dietz Wolrath het verduidelik dat om vir werkers goeie werke te gee, gaan nie oor tegnologie nie, maar oor beleid. Deur die jaar wil ons meer skryf oor hierdie vraagstukke.

Vir Suid-Afrikaanse perspektiewe is dit die beste om op die ECON3x3 blog te kyk. Prof Frederick Fourie verduidelik dat die navorsing en die debat oor die arbeidsmark gefragmenteerd is en dat daar nie een of enige maklike oplossings is vir die werkloosheid wat Suid-Afrika in die gesig staar nie. En dan is daar ‘n klomp ander baie goeie stukke oor die arbeidsmark, werkloosheid en beleide.

Lees deur die jaar die Grensnut weblogs met die Arbeid “tag”.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s