In Ekonomie leer ons dat hulpbronne (of dan produksiefaktore) is beperk en there ain’t no such thing as a free lunch. Onbeperkte behoeftes en skaars hulpbronne noodsaak keuse en het geleentheidskoste tot gevolg.
Maar die wêreld is ook besig om te verander: Daar is toenemende gebruik van rekenaars en robotte in produksie prosesse, 3D drukkers maak kleinskaal, pasgemaakte vervaardiging moontlik. Wat beteken dit vir ons idees rondom skaarsheid?
In sy nuwe boek, Average is over skryf die ekonoom Tyler Cowan oor die toekoms van produksie en verbruik. Wat is nog skaars in die wêreld ekonomie?
- Hoë kwaliteit grond en natuurlike hulpbronne.
- Vaardige mensekapitaal.
- Goeie idees oor wat geproduseer moet word.
En (in relatiewe terme) wat is nie meer skaars nie?
- Ongeskoolde arbeid – meer mense verstedelik, meer lande tree toe tot die wêreld-ekonomie en daar is dus meer arbeid wat beskikbaar is om in die moderne sektor te werk.
- Geld, of in die bank of in staatseffekte – uitbreidende monetêre beleid en lae rentekoerse in die gevorderde ekonomieë beteken dat daar is baie geld opsoek na goeie geleenthede (maar dit is weer skaars!).