Die studiemateriaal gee ‘n goeie oorsig oor vraag en aanbod in aksie. Daar is ‘n klomp belangrike inligting: omskrywing van vraag, die konsep van die hoeveelheid gevra teen ‘n spesifieke prys, die vraagkromme, wet van vraag en dieselfde vir aanbod. Daar is verduidelikings van ewewig en veranderings in vraag en aanbod.
Al wat ons kan bied is bietjie ekstra verduideliking in die vorm van EkonoomTV video’s. Dit is geskoei op inhoud van die eerstejaarsekonomie handboek “Ekonomie vir Suid-Afrikaanse studente” deur Mohr & Fourie.