Vraag, aanbod en pryse

VraagAanbodPryseIn Ekonomie leer ons dat ‘n verandering in die prys lei tot ‘n verandering in die hoeveelheid gevra of die hoeveelheid aangebied. Teen ‘n hoë prys vra verbruikers min van ‘n produk, maar verkopers bied ‘n groot hoeveelheid aan as die prys hoog is.

Daar is ook ‘n klomp faktore wat kan lei tot ‘n verskuiwing van die hele vraagkromme of die hele aanbodkromme. In die grafiek hier aan die regterkant is daar ‘n toename in die hoeveelheid gevra teen elke prys – die hele vraagkromme skuif na regs. Die eindresultaat is dat die hoeveelheid aangebied ook toeneem en vraag en aanbod is weer in ewewig teen ‘n hoër ewewigsprys en -hoeveelheid.

In die praktyk is daar egter min voorbeelde waar hierdie proses vinnig en ooglopend plaasvind. Meeste pryse is stram / “sticky” en verander stadig in reaksie op veranderinge in vraag en aanbod. Die tipiese voorbeelde is van varsprodukte wat nie gestoor kan word nie, of dalk ander kommoditeite of aandele.

‘n Lekker praktiese voorbeeld vir die moderne era is die taxi-diens genaamd Uber.

“Uber is an app that connects passengers with drivers of vehicles for hire and ridesharing services”. Dit het in die VSA begin, maar jy kan nou ook Uber se dienste in Johannesburg en Kaapstad gebruik. Die pryse is gewoonlik tussen R50 en R70 vir ‘n rit, maar wanneer daar ‘n toename is in die vraag, skiet die pryse op. Uber noem dit “surge pricing”.

Met die onlangse “polar vortex” sneeustorms in die VSA en Kersfees en Nuwe Jaarsvieringe het pryse die hoogte ingeskiet en baie mense was skielik baie ongelukkig. Lees hier meer:

In Kaapstad was die prys 5.25 keer hoër op oujaarsaand want mense graag wil uitgaan en kuier, maar nie die risiko loop van drink en bestuur nie. Hierdie tweet som dit mooi op:

Uber tweet

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s