Velde van Ekonomie

Julle studiemateriaal gee ‘n klomp mooi voorbeelde van die sub-velde van Ekonomie. Daar is ‘n klomp voorbeelde: Internasionale ekonomie, Ontwikkelingsekonomie, Arbeidsekonomie, Owerheidsekonomie, Omgewingsekonomie, Ekonomiese geografie, Ekonomiese geskiedenis en Ekonometrie. Dit is soos Keynes gesê het van die meester-ekonoom: “No part of man’s nature or his institutions must lie entirely outside his regard”.

As jy graag wil sien watter sub-veld alles bestaan (en waarmee jy jou belangstelling in Ekonomie kan kombineer) kyk gerus na die Amerikaanse Ekonomiese Vereniging se “JEL guide“. JEL staan vir die Journal of Economic Literature en die gids gee die amptelike klassifikasie van al die verskillende sub-velde. Jy sal sien dat Ekonomie het raakvlakke met ondermeer landbou, die finansiële wêreld, gesondheid, die regte en vele meer.

So af en toe werk ekonome op die senuwees van ander velde in die sosiale wetenskappe en ons word daarvan beskuldig dat ons dit te maklik waag op terreine waarvan ons nie genoeg weet nie – soos sielkunde in die geval van “behavioral economics”. Hierdie soort “imperialisme” lei dan en wan tot lekker stryery in die blogosphere. Noah Smit skryf onlangs ‘n weblog met die titel Sociology vs. The Empire (waar die empire natuurlik Ekonomie is).

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s