
Die handboek gee ‘n historiese oorsig van die ontwikkeling van die landbou, mynwese en nywerhede en vertel meer van die faktore wat bygedra het tot ekonomiese ontwikkeling, of wat dit beperk het. Dit is maar die punt van die spreekwoordelike ysberg – Suid-Afrikaanse ekonomiese geskiedenis beleef tans ‘n oplewing en die beste plek om meer daarvan te leer is Prof Johan Fourie se blog. Johan is by Stellenbosch Universiteit en deel van ‘n groep Suid-Afrikaanse ekonome en geskiedkundiges wat nuwe en opwindende navorsing publiseer. Lees meer oor:
- Nuwe navorsing wys dat die Hollandse Kaap kolonie was glad nie so arm of agterlik soos wat historici vroeër gesê het nie.
- Die Franse Hugenote se menslike kapitaal het ontwikkeling bevorder.
- Suid-Afrika is ‘n land van migrante.
- Hy werk aan ‘n projek om Suid-Afrika se BBP en ekonomiese groeikoers te beraam vanaf 1652 tot 1795.
- Wanneer het die Suid-Afrikaanse ekonomie geglobaliseer? Hy kyk na koringpryse.
- Wat is die ekonomiese geskiedenis van Apartheid? En wat kan beleidmakers vandag daaruit leer?
Die uitdrukking is dat die verlede is ‘n vreemde land, maar daar is ‘n klompie navorsers in Suid-Afrika wat besig is om dit te verken!