‘n Loopbaan in Ekonomie?

Daar is uiteenlopende loopbaangeleenthede in die wêreld van Ekonomie. Mense dink tipies eerste aan iemand soos Dawie Roodt of Mike Schussler wat gereëld in die media kommertaar gee oor die ekonomie, maar daar is uiteenlopende werkgeleenthede. Dawie Roodt

Mense met ‘n Ekonomie agtergrond (daar staan dalk nie Ekonoom op hulle besigheidskaartjie nie) werk vir groot maatskappye, in die finansiële wêreld, en vir die owerheid. Die aard van die werk is tipies om baie te lees en skryf, data te verwerk en aanbiedings te maak – en natuurlik heeltyd soos ‘n ekonoom te dink!

Internasionaal word mense met ‘n ekonomie agtergrond ook nou deur hoë tegnologie maatskappye opgeraap. Google se hoof-ekonoom, Hal Varian, is baie bekend. Daar is twee redes hiervoor:

  • Ekonome is gewoonlik media-vriendelik en kan werk as die “gesig” van die maatskappy en aanbiedings maak.
  • Ekonome kan met data werk en statistiese analise doen. Data oor wat ons almal op die internet doen stroom in na maatskappye soos Amazon en Uber en ekonome help hulle dink oor hoe om klieks te omskep in advertensie inkomste, of verkope.

In die VSA word ekonome ook baie beter betaal as mense uit ander sosiale wetenskappe studierigtings.

As jy dalk nuuskierig is oor studies en studierigtings, kyk na hierdie cool VSA data wat NPR Planet Money wys oor studente se hoofstudierigting (“major”) sedert 1970.

toekoms van werkTerwyl jy oor die toekoms dink, dink ook sommer oor wat die kans is dat tegnologie – algoritmes en robotte – werke gaan vervang. The Economist het in 2014 ‘n goeie verslag gehad hieroor en wys die volgende tabel wat aandui wat die waarskynlikheid is dat ‘n werkgeleentheid verlore sal gaan. Die “veilige” werke is waar ‘n mens dit nog beter kan doen – jy gaan nie sommer na die robot tandarts toe gaan nie, maar reisagente en boekhouers het groter moeilikheid.

1 Comment

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s