In die tweede kwartaal is die fokus op Mikro-ekonomie en dit begin met markte. Die studiemateriaal gee ‘n goeie oorsig oor die omskrywing van ‘n mark en funksies van markte. ‘n Belangrike ding om te onthou is dat so inleiding gewoonlik fokus op markte vir goedere en dienste, maar die kringloop het natuurlik ook ‘n mark vir produksiefaktore – kwessies van vraag, aanbod en prys is net so belangrik in die arbeidsmark, of kapitaalmark.

In die eerste kwartaal het ons reeds paar interessante goed gedeel op die bladsy: Markte in alles. Hier is nog ‘n paar interessante skakels oor markte:
- ‘n Noorweegse maatskappy beplan om luukse ysblokkies te “myn” uit ‘n gletser vir superryk mense om in hulle drankies te gooi.
- ‘n Russiese koffiewinkel in Londen gee gratis koffie, koekies en vrugte, maar jy betaal per minuut wat jy daar spandeer.
- Wanneer markte nie werk nie, kry mens ekonomiese en sosiale chaos, soos nou gebeur in Venezuela.