Daar is heelwat interessante voorbeelde oor tegnologie markte beïnvloed. Ons het vroeër al skakels gedeel oor hoë frekwensie verhandeling van aandele. Hierdie BBC artikel vertel meer van die algoritmes wat vandag koop en verkoop op die beurs.

Tegnologie kan ook gebruik word om die mark te ontwikkel. Musiekmaatskappye gebruik Shazam om vroeg te identifiseer watter liedjies treffers gaan word. Hulle sluit dan kontrakte met die nuwe kunstenaars of gebruik die inligting om ‘n konserttoer slim te bemark.
“We know where a song’s popularity starts, and we can watch it spread,” Titus told me. Take, for example, Lorde, the out-of-nowhere sensation of 2013. Shazam’s engineers can rewind time to trace the international contagion of her first single, “Royals,” watching the pings of Shazam searches spread from New Zealand, her home country, to Nashville (a major music hub, even for noncountry songs), to the American coasts, pinpointing the exact day it peaked in each of nearly 3,000 U.S. cities.
As gevolg van tegnologie – die onwettige aflaai van musiek oor die internet – sukkel kunstenaars en musiekmaatskappye ook maar om geld te maak, maar af en toe werk tegnologie ook in hulle guns. ‘n Maatskappy soos MusicMetric ontleed sosiale media en die aflaai van musiek oor BitTorrent en help musici om hulle mark te vind. Hierdie CITEWorld artikel vertel hoe Iron Maiden besef het dat hulle het eintlik baie fans in Suid-Amerika en hoe die onwettige aflaai van hulle liedjies omskep is in kontant vir konserte en t-hemde.