Hoë frekwensie verhandeling

Wanneer mens dink aan verskillende soorte markte, kan mens ook dink aan die rol wat elektronika speel. Een van die elemente daarvan is die sogenaamde hoë frekwensie verhandeling van finansiële instrumente. Algoritmes koop en verkoop aandele in mikro-dele van sekondes – baie vinniger as wat mense prysseine kan lees.

Flash boysDaar is onlangs heelwat daaroor geskryf in Michael Lewis se boek “Flash boys”. Een van die staaltjies uit die boek is van die sg. Spread Networks tonnel wat teen hoë koste deur die Allegheny berge in Pennsylvania gebou is om verhandeling 3 mili-sekondes vinniger te maak. Paul Krugman skryf meer daaroor.

Noah Smith het ‘n goeie blog post oor of HFT goed of sleg is – hy dink niemand is seker nie.

Dit alles hou ook verband met die sogenaamde “flash crash” van 6 Mei 2010. Om 2:45 die middag het die Dow Jones se nywerheidsindeks skielik met 1000 punte (ongeveer 9%) geval, maar daardie verliese weer opgemaak voor die einde van die dag. Wikipedia het ‘n goeie artikel daaroor.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s