Die laaste afdeling van die graad 10 leerplan gaan oor sogenaamde “economic redress” – die transformasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie sesdert 1994 en die pogings om die ongelykhede van die verlede aan te spreek. Dit is ‘n omvattende onderwerp wat op baie maniere aangepak kan word. Hier is net ‘n paar skakels na interessante hulpbronne.
Die data bladsy het inligting oor die aantal mense wat sekere bates besit, oor die waarde van bates besit volgens bevolkingsgroep, oor die Gini koëffisiënt en armoedelyn.
Die ECON3x3 blog het baie interessante navorsing oor ongelykheid en inkomste verdeling:
- Dr Justin Visagie verduidelik dat dit belangrik is hoe mens meet wie is die “middelklas” – is dit die middel van die inkomste verdeling, of die relatiewe wel-af mense met middelklas beroepe?
- Dan kan mens vra, is die middelklas beter af? Die swart middelklas het gegroei, maar hy wys ook dat die mense in die middel van die inkomste verdeling (31% van huishoudings lê tussen R1520 en R4560 per maand) baie stadige groei in inkomste beleef het.
- Burger & McAravey stel ‘n maatstaf saam vir ‘n “bemagtigde” (empowered) middelklas en wys dat meer mense beter af is sedert 1993.
- Dr Andrew Donaldson van die Nasionale Tesourie maak die argument dat herverdeling van inkomste en welvaart belangrik is om ekonomiese groei te bevorder.
- Maar Prof Philippe Burger wys dat arbeid se deel van inkomste afneem, relatief tot dié van kapitaal. Dit is ‘n wêreldwye verskynsel wat nie maklik gaan verander nie.