Handboeke verduidelik mooi dat geleentheidskoste is die waarde van die beste alternatief wat opgeoffer is toe jy ‘n keuse maak. Mens kan jouself maklik indink dat as gevolg van skaarsheid moet jy keuses maak – mense kies tussen ‘n ander motor, of ‘n vakansie oorsee; die owerheid kies tussen besteding op behuising of verdediging.
The Economist het onlangs ‘n interessante voorbeeld gehad van geleentheidskoste. Die Gangnam Style video is nou al meer as 2 miljard keer gekyk op YouTube. Die is 4 minute en 12 sekondes lank en beteken dat daar in totaal 140 mijoen uur, of 16000 jaar so bestee is. Met daardie hoeveelheid man-ure kon ons 4 nuwe piramides van Giza gebou het!