Ekonomiese groei, ontwikkeling en globalisering

Ekonomiese geskiedenis is ‘n veld wat ek baie interessant vind en die derde kwartaal se onderwerpe is die groot tema’s waarin ekonome belangstel: groei en ontwikkeling!

Die handboek gee ‘n wye oorsig oor vroeë ontwikkeling en handel, die ontwikkeling van markte, die rol van die owerheid en nywerheidsontwikkeling. Mens kan dit met feitlik die hele internet aanvul! Net as ‘n begin, hier is ‘n paar interessante skakels: Why the west rules

  • As jy hou van die groot prentjie, lees Ian Morris se treffer: Why the West rules, for now. Dit vertel die hele storie van ontwikkeling vanaf vroeë bybelse tye tot vandag.
  • Hierdie New York Times storie vertel van opgrawings in Kanesh (vandag in Turkye) wat wys hoe handel en die ekonomie gewerk het 890 voor Christus.
  • Die Clio-Infra projek in Nederland stel historiese data reekse saam en jy kan gaan kyk hoe mense se lewens en welvaart verander het sedert 1820.
  • Die Maddison Project stel data saam van historiese ekonomiese groei vanaf die jaar 1, tot 2010.