Die bevolking en die arbeidsmag

Census 2011Eenheid 4 van die derde kwartaal gaan oor die bevolking en die arbeidsmag en pas nie so mooi by die historiese aanslag van die ander eenhede nie, maar daar is eintlik baie interessante inligting in die handboek. Daar word verwys na die demografiese siklus. Sommige argumenteer dat ‘n jong en groeiende bevolking is net ‘n las op die werkende gedeelte van die bevolking, maar daar is ook die moontlikheid van ‘n sogenaamde demografiese dividend – die jong mense kan goedkoop arbeid voorsien.

  • Hier is die Wêreldbank se siening oor die beleidsuitdagings om die dividend te laat realiseer. Daar is goeie tweets!
  • The Economist argumenteer dat Afrika nog nie die voordele gekry het van ‘n jong en groeiende bevolking nie.
  • Vir puik verduidelikings oor die wêreldbevolking kan jy altyd net na Hans Rosling video’s kyk!
  • Al die cool data wat hy gebruik is natuurlik by Gapminder.
  • Vir SA data is die 2011 Sensus jou beste bron.

Die tweede deel van die eenheid gaan oor die arbeidsmag, indiensname en werkloosheid. StatsSA het baie inligting hieroor  uit die Kwartaallikse Arbeidsmagopname en die Sensus.

Hierdie blog se data bladsy deel ook ‘n klomp inligting.