Daar is baie ekonomiese data beskikbaar op die web en op hierdie blady gaan ons probeer om ‘n een-stop diens te verskaf wat die nuutste syfers lys.
As jy self wil soek is die Suid-Afrikaanse Reserwebank die beste bron vir ekonomiese en finansiële data. As jy nie net die nuutste syfer wil hê nie, maar dalk ‘n historiese reeks soek, kan jy dit ook by hulle aflaai. Vir die vebruikersprysindeks, of produksieprysindeks, of sosio-ekonomiese data soos uit die sensus of arbeidsmag-opname is Statistiek Suid-Afrika die beste bron. En dan is daar natuurlik al die ander navorsingsinstellings en maatskappye wat data versamel en publiseer. Al die belangrike nuwe syfers gaan hier gelys word.
‘n Goeie samevatting van data is die SA Instituut van Rasse Aangeleenthede (SAIRR) se South Africa Survey. Daar is baie inligting en ons deel graag ‘n paar uitgesoekte reekse in Excel formaat – trek jou eie grafieke en onthou om die bron aan te dui: South Africa Survey 2011/12, van die SAIRR. By elke datastel word die oorspronklike bron (bv. SARB of StatsSA) ook aangedui.
Die ekonomie:
- Makro aanwysers – BBP groei, BBP per capita, Investering, Inflasie, Rentekoers, Lopende rekening van die betalingsbalans, R/$ wisselkoers – vanaf 1955.
- BBP en Inkomste – Reële BBP en Reële besteebare inkomste van huishoudings, vanaf 1961.
- SA sakesiklus – opswaai- en afswaaifases vanaf 1946.
- Werkloosheid – aantal werkloses en werkloosheidskoers, 1993-2013.
- Toegevoegde waarde in produksie – die bydraes van Landbou, Mynbou, Handel ens.: GVA per sektor (vergelyk 1951 en 2012), GVA per sektor (1951 tot 2012), GVA per subsektor (2011).
- Besteding as % van BBP – huishoudings, investering, die owerheid, uitvoer en invoer, dekades vanaf 1950.
- Provinsies se bydraes tot BBP, indiensname en belasting inkomste van die owerheid, 2011.
- Inflasie en rentekoerse, 1976-2012.
- Spare – huishoudings se spare as % van besteebare inkomste, bruto binnelandse spare as % van BBP, vanaf 1960.
- Investering – bruto vaste kapitaalvorming as % van BBP, vanaf 1960.
- Tipe investering – openbare (ekonomiese, sosiale infrastruktuur) en private investering, 1998-2012.
- Tipe investeerder – privaat besigheid, algemene owerheid, openbare ondernemings, vanaf 1960.
- Investering per sektor – bv. in landbou, mynwese of vervaardiging, vanaf 1960.
- Buitelandse investering – watter lande of streke belê in Suid-Afrika, die bedrae van direkte en nie-direkte (portefeulje) investering, totaal in 2010.
- DBI in SA per sektor, 1989 tot 2010.
- Buitelandse investering – direkte en portefeulje investering in SA, 1956-2010.
- SA investering in die buiteland – direkte en portefeulje investering deur SA in die buiteland, 1956 tot 2010.
- SA DBI bestemmings – in watter lande belê Suid-Afrikaners, 2010.
- Uitvoer en invoer syfers, 1991-2012.
- SA Handelsvennote, in 2012.
Demografie:
- Menslike ontwikkelingsindeks, vergelyk SA met ander lande in 1990, 2000 en 2010.
Besigheid en arbeid: (maatstawwe van die besigheidsomgewing)
- Infrastruktuur_lughawens – beweging van vliegtuie by die 10 grootste lughawes, 2002-2010.
- Infrastruktuur_elektrisiteit – tipe opwekking van elektrisiteit en gebruik per sektor, 2007/08.
- Infrastruktuur_hawens – tonne-maat hanteer by SA hawens, 2003-2008.
- Infrastruktuur_spoorweë – km van roetes, 2006/07.
- Infrastruktuur_paaie – km padnetwerk.
- Infrastruktuur_damme – aantal damme per provinsie en kapasiteit.
- Reële vergoeding – verandering in indiensname, reële vergoeding per werker en produktiwiteit, 1994-2010.
- Vakbonde en lede – aantal geregistreerde vakbonde en lede, 1994-2010.
- Loonverhogings – gemiddelde vlak van loonverhogings en die VPI inflasiekoers, 1998-2010.
- Stakings – man-dae verlore in stakings, 1979-2010.
Indiensname en inkomste:
- Oorsig oor die Arbeidsmark, indiensname en werkloosheid.
- Ekonomies aktiewe bevolking – per bevolkingsgroep, 2001-2011.
- Arbeidsmagdeelname – mans en vrouens, per bevolkingsgroep, 2011.
- Indiensname en sektore – aantal en % formele en informele indiensname per sektor, 2001 en 2011.
- Indiensname en beroepe – aantal en % mense in spesifieke beroepe (bv. bestuurder, tegnikus, klerk), 2001 en 2011.
- Werkloosheidskoers, 1994-2011.
- Werkloosheid en ouderdom – aantal werkloses volgens ouderdomsgroep, 2011.
- Bates eienaars – aantal mense wat sekere bates besit, bv. eie eiendom, of effekte trust.
- Bates en bevolkingsgroepe – waardes van verskillende tipes bates besit, per bevolkingsgroep, 2011.
- Huishoudings inkomste provinsie – aantal huishoudings per inkomste kategorie, per provinsie in 2010.
- Gini koëffisiënt – per bevolkingsgroep in 2010.
- Huishoudings se besteding – op watter kategorieë van produkte bestee huishoudings hulle inkomste, dekades vanaf 1950.
- Armoede $2 – aantal mense wat leef op minder as $2 per dag, 1996-2010.
Onderwys:
- Onderwys oorsig – vlakke van opleiding, besteding op onderwys, geletterdheid in 2009/10.
Gesondheid en welsyn:
- Gesondheid en welsyn oorsig – 2010/11 syfers.
- Oordragbetalings – tipe oordragbetaling (bv. kindertoelaag) as % van alles welsynsbetalings, 2001-2011/12.