Sektore en die struktuur van die ekonomie

Die studiemateriaal gee ‘n omvattende verduideliking van die rol van die primêre, sekondêre en tersiëre sektore in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Hierdie bladsy hoop om bietjie waarde toe te voeg met meer data:Sektore en produksie

As mens so na waarde toegevoeg en indiensname in die verskillende sektore lyk die struktuur van die Suid-Afrikaanse ekonomie baie soos dié van ‘n ontwikkelde land – die primêre en sekondêre sektore maak klein bydraes tot totale uitset en indiensname (ten spyte van wonderlike natuurlike hulpbronne en baie arbeid) en die tersiëre sektor is groot. Een van ons Grensnut weblogs oor ongebalanseerde groei verduidelik die nuutste navorsing wat Prof Johann Federkke hieroor gedoen het. Hy vind dat die struktuur van die ekonomie bepaal word deur die totale faktorproduktiwiteit van ‘n sektor en die prys- en inkome-elastisiteit van vraag na die sektor se produkte. Daar is vier tipes sektore ter sprake:

Tipe 1: (Konstruksie en vervaardiging – sekondêre sektor) Hierdie sektore het nogal ʼn hoë TFP-groeikoers asook ʼn lae inkomste-elastisiteit van vraag. Daarom behoort daar minder werksgeleenthede te wees, en uitsette sal net stadig groei. Dit word bevestig deur Fedderke se resultate.

Tipe 2: (Landbou, bosbou en myne – Primêre sektor) Hierdie sektore het weer ʼn lae TFP-groeikoers saam met ʼn lae inkomste-elastisiteit van vraag. Daar word verwag dat daar meer werksgeleenthede geskep sal word, maar dat uitsette ook stadig sal groei. Maar, Fedderke se resultate is bietjie anders – daar was eintlik baie minder groei in indiensname in hierdie sektore.

Tipe 3: (Elektrisiteit, Gas en Water, Vervoer, Kommunikasie en groot/kleinhandel – Tersiêre sektor) Hierdie sektore het gewoonlik ʼn hoë TFP-groeikoers en ʼn hoë inkomste-elastisiteit van vraag. Mens sou dus verwag dat daar minder arbeid indiensgeneem sal word, maar met sterk groei in uitset. Inderdaad is dit ook Fedderke se bevindings.

Tipe 4: (Finansies, versekering, besigheid en eiendom dienste – Tersiêre sektor) Die TFP-groeikoers is laag maar die inkomste-elastisiteit is hoog. Dit beteken daar behoort meer werksgeleenthede geskep te word, saam met sterk groei in uitsette. Weereens bevestig Fedderke se resultate hierdie verwagting.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s