Natuurlike hulpbronne: Die “resource curse”

Die studiemateriaal verduidelik mooi wat die eienskappe van natuurlike hulpbronne is, hoekom dit ‘n belangrike rol speel in enige ekonomie en hoe die eienaars daarvan vergoed word.

Hoewel natuurlike hulpbronne as ‘n basis kan dien vir ekonomiese ontwikkeling (die mynbedryf kan groei, werksgeleenthede skep, buitelandse valuta verdien ens.) kan sulke hulpbronne ook nadele inhou. Ekonome praat van ‘n sg. “resource curse” of “the paradox of plenty” waarvolgens lande wat ‘n oorvloed natuurlike hulpbronne het baie keer stadiger groei en swakker ontwikkel as lande met minder hulpbronne. Die kanale waardeur hulpbronne ‘n negatiewe invloed kan hê sluit in:

  • Die wisselkoers. As ‘n land natuurlike hulpbronne uitvoer, is daar ‘n vraag na die land se geldeenheid. Die geldeenheid se waarde appresieer (word sterker). Dit maak ander (vervaardigde) uitvoerprodukte duur en maak invoer goedkoop. Die gevolg is ‘n swakker allokasie van skaarshulpbronne – daar is meer investering in die minder produktiewe sektore, vervaardiging word afgeskeep en daar word baie ingevoer terwyl die land blootgestel is aan fluktuasies in die prys van die hulpbron.
  • Die owerheid se inkomste (uit belasting op die hulpbron-maatskappye) is meer volatiel.
  • Menslike hulpbronne. Die hulpbronne sektor trek die beste menslike hulpbronne (want die myne of oliemaatskappye betaal so goed) en daar is min investering in ander mense hulpbronne, want die ontginning gebruik omgeskoolde arbeid.
  • Onstabiliteit. Lande met baie hulpbronne is dikwels polities onstabiel, het gewapende konflik, ‘n owerheid wat nie verantwoordbaar is teenoor kiesers nie en wat korrup is.

Die Wikipedia bladsy in die skakel hier bo gee ‘n paar voorbeelde en ook die uitsondering wat die reël bewys – Noorweë se olie-sektor.

oil drillingOlie as natuurlike hulpbron en die veranderinge in die olieprys, is sedert die middel van 2014 ‘n lekker voorbeeld van die rol van natuurlike hulpbronne in die ekonomie. ‘n Daling in die olieprys is lekker nuus vir ons as verbruikers wat die voordeel kry van ‘n laer brandstofprys. (The Economist verduidelik hoekom die olieprys gedaal het). Maar dit het ‘n wye impak: plunge in petroleum

  • Hierdie Vox artikel verduidelik dat die laer olieprys beteken dat die ontginning van skalie-gas in die VSA nou minder mededingend word – dit beteken minder werksgeleenthede in die bedryf en plaaslike ekonomieë wat stadiger groei. Wanneer olie goedkoper is, is daar ook minder investering in omgewingsvriendelike manier om energie op te wek en te verbruik – wie het windkrag of sonpanele nodig as mens net olie kan brand!
  • Hierdie Slate artikel verduidelik dat lande wat baie olie uitvoer se begrotings onder druk gaan kom teen die laer pryse. Lande soos Rusland, Venezuela en Nigerië het ‘n olieprys van  ongeveer $100 per vat nodig om die staat se boeke te laat klop. As die prys val, moet hulle minder bestee, of meer leen, of ander belastings verhoog. The Economist rapporteer soortgelyke feite en geen die lekker info-grafieka hier bo.

Opdatering op 13 Januarie:

The Economist berig dat die afhanklikheid van hulpbronne dalk nou minder van ‘n greep het op Afrika ekonomieë as vroeër. Hoewel die pryse van olie, koper en yster-erts onlangs skerp afgeneem het, was daar die grootskaalse depresiasie van netto uitvoerders van hulpbronne se geldeenhede nie. Dit word toegeskryf aan toenemende diversifikasie, beter beleggings in infrastruktuur en beter regulering. Lees gerus die hele berig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s