Markte in alles

zombie storeDie studiemateriaal verduidelik mooi dat ‘n mark is enige plek waar kopers en verkopers, van enige iets, mekaar ontmoet om te verhandel. Mens kan basies onderskei tussen markte vir produksiefaktore en markte vir goedere en dienste, en daar is groothandel en kleinhandel.

Daar is natuurlik ‘n klomp interessante voorbeelde van ongewone markte. NPR se Planet Money het ‘n goeie een oor hoe dieretuine ruilhandel gebruik. Bedreigde spesies kan nie sommer net verkoop en gekoop word nie, maar dieretuine kan die diere uitleen of skenk. Dit is nie ‘n direkte ruilstelsel waarvolgens een panda soveel wêrd is soos een duisend skilpaaie nie. Die transaksies berus op goeie bande en vertroue om nou te gee en later weer gehelp te word.

Aan die ander kant van die spektrum kry mens hoë frekwensie elektroniese verhandeling van finansiële instrumente soos aandele binne sogenaamde “dark pools”. Lees meer oor HFT hier.

Op Tyler Cowan se Marginal Revolution blog hou hy daarvan om voorbeelde te gee van ongewone markte in alles:

Ek sê al lankal vir my haarkapper dat hy moet sy tydgleuwe verkoop – die tannies wat die kapsels elke week moet laat blaas, sal ‘n premie betaal!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s