Ekonomie as ‘n wetenskap

Ekon as wetenskapEkonomie is ‘n sosiale wetenskap wat die gedrag van individue en groepe bestudeer – spesifiek hoe hulle skaars hulpbronne gebruik om onbeperkte behoeftes te bevredig. Ekonome het dus teoretiese modelle van hoe die ekonomie werk en dit word getoets deur empiriese studies – ons wil graag verklaar en voorspel.

Daar is mense wat aanvoer dat Ekonomie nie ‘n wetenskap soos Fisika of Chemie is nie. Die kritiek gaan veral oor hoe dinge bestudeer word. In die natuurwetenskappe kan hulle beheerde laboratorium eksperimente doen om teorieë te toets, maar ekonome bestudeer menslike gedrag onder omstandighede wat deurlopend verander. Die Nobelpryswenner Robert Schiller het verlede jaar geskryf:

My belief is that economics is somewhat more vulnerable than the physical sciences to models whose validity will never be clear, because the necessity for approximation is much stronger than in the physical sciences, especially given that the models describe people rather than magnetic resonances or fundamental particles. People can just change their minds and behave completely differently.

Maar dit beteken nie dat ekonome se wiskundige modelle nutteloos is nie, of dat ons empiriese studies onwetenskaplik is nie. Ekonome moet net versigtig wees oor die aard van die veralgemenings wat hulle maak en deurlopend die modelle aanpas om mense se gedrag beter te verstaan.

Raj Chetty van Harvard Universiteit het ‘n baie goeie antwoord by Schiller se artikel gevoeg:

It is true that the answers to many “big picture” macroeconomic questions — like the causes of recessions or the determinants of growth — remain elusive. But in this respect, the challenges faced by economists are no different from those encountered in medicine and public health. Health researchers have worked for more than a century to understand the “big picture” questions of how diet and lifestyle affect health and aging, yet they still do not have a full scientific understanding of these connections. Some studies tell us to consume more coffee, wine and chocolate; others recommend the opposite. But few people would argue that medicine should not be approached as a science or that doctors should not make decisions based on the best available evidence.

Hy gaan dan ook aan om te verduidelik dat ekonome toenemend gebruik maak van sogenaamde ewekansige eksperimente (randomised control trials) om mikro-ekonomiese vraagstukke aan te spreek. Dit is die moeite wêrd om die hele ding te lees.

As jy meer wil weet hoe ekonome eksperimente gebruik in hulle navorsing, lees ook hierdie artikel met die titel Random harvest in The Economist. Die wegspringpunt is dat een of ander “intervensie” getoets word, bv. is dit beter om vir arm mense opleiding te gee, of ‘n bees of sade wat hulle volgende seisoen kan plant? Of moet ons net vir hulle kontant gee en dan kan hulle self besluit wat hulle nodig het? So studie word dan amper soos een in die natuurwetenskappe aangepak. Daar  is ‘n studiepopulasie van arm mense waaruit die navorser ‘n steekproef trek. ‘n Deel van die steekproef is die kontrole groep en hulle kry niks nie. Ander mense kry ‘n bees, ander kry sade en ander kry kontant. Aan die einde word daar weer na almal gekyk en die groepe wat intervensies gekry het, word vergelyk met die kontrole groep om te bepaal watter intervensie die grootste impak op armoede gehad het.

Soos mens kan dink is dit grootskaalse, duur navorsing en nie sonder kritici nie. As dit vir jou interessant klink, lees wat skryf Chris Blattman oor kontantoorbetalings hier en hier. Berk Ozler gee ‘n lekker opsomming op die Development Impact Blog.

Hoe ver kan mens gaan om die resultate van ekonome se eksperimente te veralgemeen? Hier is ‘n lekker VoxEU artikel wat die verskille tussen laboratorium- en veld-eksperimente verduidelik.

Noah Smith vat dit saam deur te argumenteer dat ekonomie ‘n derde wetenskaplike tradisie is, tussen wetenskap en letterkunde: ekonome gebruik die gereedskap van die wetenskap om letterkundige doelwitte te bereik, naamlik om mense te oortuig van jou standpunt. Net omdat ekonomiese vraagstukke kompleks is, en data min is, beteken dit nie dat jy moet opgee en huis toe gaan nie. Ekonome moet inspring en verklaar wat dryf ekonomiese groei, of hoe sleg is inflasie vir arm mense, Die saak moet so presies en konsekwent as moontlik gestel word en daarom gebruik ons al die grafieke en berekeninge.

  • Dani Rodrik skryf ook oor Ekonomie as ‘n wetenskap.
  • Noah Smith skryf dat dit voel of ekonome nie meer “in” is nie, maar daar is eintlik klomp goed waaroor ons reg is!

Opdatering: In ‘n onlangse artikel vir The Upshot verduidelik Justin Wolfers tot watter mate en waarom ekonome die openbare diskoers so domineer. Sy gevolgtrekking is: our popularity reflects the discerning tastes of our audience in the marketplace of ideas!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s