Ander maatstawwe as BBP

Die studiemateriaal gee ‘n mooi verduideliking waarom Bruto Binnelandse Produk en Bruto Nasionale Inkomste belangrike makro-ekonomiese aanwysers is en waarom almal altyd by ekonome wil weet; hoe lyk die vooruitsigte vir ekonomiese groei?

stuff-that-countsDit is egter ook duidelik dat die aanwysers beprekinge het. Morten Jerven het ‘n goeie stukkie kritiek teen die sogenaamde data revolusie in 4 Venn diagramme.

Ekonome maak dit darem ook meeste van die tyd duidelik dat ons weet dat alles gaan nie net oor die groei van BBP of BNI nie. Die konsep van ekonomiese ontwikkeling is wyd en word met baie maatstawwe gemeet – julle gaan later meer leer van bv. die Menslike Ontwikkelingsindeks van die UNDP.

Daar is ook ander maatstawwe. Die Koningkryk van Bhutan is bekend daarvoor dat hulle Gross National Happiness nastreef, eerder as groei in BNI. Die New Economics Foundation publiseer weer die Happy Planet Index. Sogenaamde Happiness Economics, of die studie van subjective wellbeing, of quality of life is gevestigde sub-velde in Ekonomie (Google gerus die terme). Of dit egter beter maatstawwe is as BBP of BNI is ‘n moeilike vraag om te antwoord en hang baie af van wat jy wil doen.

Gus O’Donnell maak die argument vir aanwysers van welstand op ‘n ekonomie-wye vlak vir beleidmakers. Hy stel  dat:

  • Groei en inkrimping van die ekonomie beïnvloed mense se welstand, maar dit word nie goed genoeg weerspieël deur BBP nie, want na ‘n resessie herstel BBP groei, maar mense wat bv. hulle werke verloor het, se welstand herstel nie so vinnig nie. Beleid moet dit in ag neem.
  • Daar is ‘n ongelyke verdeling van BBP groei – mense wat werk het en wat kapitaal eienaars is, kry ‘n groter deel van die groei – maar maatstawwe van welstand sal mens ‘n beter idee gee van wat met arm mense gebeur (en dan kan beleidmakers hulle help).
  • Gemeenskappe sal beter af wees as beleid fokus op daardie aspekte wat mense se lewenskwaliteit verhoog: bv. gemeenskap, veiligheid, fisiese en geestelike gesondheid.

happy mediumSoos hierbo verduidelik bestaan daar sulke maatstawwe en af en toe word dit dan ook gebruik om lande te vergelyk.  The Economist het onlangs ‘n artikel gehad wat wys dat lande met groeiende, ontwikkelende ekonomieë besig is om ryk lande in te haal in terme van hulle mense se gelukkigheid.

Dan is daar natuurlik die vraag of ekonomiese groei, met ander woorde om ryker te word, noodwendig lei tot meer geluk? Uit die ouer literatuur lyk dit of die antwoord nee is. Geld koop nie geluk nie en soos wat lande al hoe ryker word, word die mense nie meer gelukkig nie. Dit staan dan ook bekend as die sg. Easterlin paradoks. Nuwer navorsing bevraagteken egter die Easterlin paradoks en voer aan dat dit vir individue en lande altyd beter is om ryker te wees. Die navorsing raak bietjie tegnies vir Graad 10, maar as jy ‘n lekker oorsig oor die nuutste werk in die veld wil kry, luister gerus na hierdie EconTalk podcast met Betsey Stevenson en Justin Wolfers.

In sy nuwe boek, The undercover Economist strikes back (waarna ek oral op die blog verwys), staan Tim Harford ‘n hele hoofstuk af aan Happiness Economics maatstawwe en navorsing en hy maak ‘n sterk saak uit oor waarom makro-ekonomiese beleidmakers steeds eerder op BNI moet fokus.

In ‘n artikel in die Financial Times kyk hy ook na die mikro-ekonomiese aspekte van Happiness Economics navorsing en gee die 4 lesse wat ons almal kan leer oor wat belangrik is vir geluk. Lees dit gerus as jy dink dat ‘n mooi nuwe kar gaan jou meer gelukkig maak.

Om saam te vat, dink ek die punt is dat ekonome moet wyd meet en baie faktore in ag neem. Die gebruik van tegnologie en groei van die veld van sg. big data gaan dit net verder dryf. Maar BBP en BNI is nuttige makro-ekonomiese aanwysers en gaan nog vir lank met ons wees.

NS. Diane Coyle het onlangs ‘n nuwe boek uit met die titel GDP, a brief, but affectionate history. Dit word oral aangeprys en is verseker op my leeslys vir 2015.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s