Welkom

Welkom by die Ekonomie blog. Jou een-stop hulpbron vir die nuutste ekonomiese nuus en data – alles wat jy nodig het vir jou Ekonomie opdragte en take.

Hoe om jou ekonomie-hulpbron-behoeftes te bevredig:

  • Soek volgens die leerplan. Ons het die onderwerpe van die Graad 10, 11 en 12 leerplanne gelys en verduidelikings en skakels daaraan gekoppel. Navigeer die bladsye met die spyskaart bo aan die bladsy.
  • As dit spesifiek oor die syfers gaan, kyk na die data bladsy.
  • Doen ‘n soektog met die trefwoorde uit jou opdrag – gaan dit oor verbruikers, produsente, produksiefaktore, pryse of die BBP?
  • Lees die Grensnut bladsy. Die gee daardie ekstra nut wat jy kry uit daardie ekstra Ekonomie blog wat jy lees.
  • As jy glad nie jou onderwerp of hulpbron kry nie, stuur ‘n epos aan ekonomieblog@gmail.com en ons kyk waar ons kan help. Hier is ‘n voorbeeld van hoe ons in 2014 probeer help het: die vraagkant-ekonomie, meer oor die vraagkant-ekonomie.
  • Ons het ons eerste “op aanvraag” hulpbron vir 2015: Die uitdagings wat besighede in die gesig staar.

Belangrike nuus vir ekonome: Suid-Afrika se posisie in die Global Competitiveness Index verbeter! En die Millennium Development Goals word binnekort vervang deur die Sustainable Development Goals.

GCI1516

SDG