Pryse van voedselkommoditeite styg skerp

Luister na hierdie storie.

Ons hoor gereeld berigte oor hoe voedselpryse styg. Partykeer klink dit asof die boere nou baie geld maak, of dat kleinhanelaars ons uitbuit en die kommentators vergeet gerieflikheidshalwe dat die prys van die kos op die rak ook afhang van die internasionale pryse van voedselkommoditeite. Verlede week het die VN se Voedsel en landbou-organisasie (die FAO) hulle voedselprysindeks gepubliseer en dit gee mens ʼn idee van die grootkragte wat voedselpryse beinvloed.

Die indeks het skerp gestyg in Maartmaand en is op die hoogste vlak sedert dit begin is in 1990. Die koringprys het in Maart met 19,7% gestyg omdat daar verwag word dat uitvoer uit Oekraine nie gaan plaasvind nie. Maar daar is ook bekommernis oor die stand van die koringoes in die VSA. Mielies, gars en sorgum se pryse het ook skerp gestyg, maar die rysprysindeks was onveranderd.

Ons weet ook dat Oekraine ʼn groot uitvoerder was van sonneblomolie, maar die prys van palm-olie is ook hoog omdat die aanbod beperk is in Indonesie. In die geval van soya-olie lyk dit of Suid-Amerika hierdie jaar minder gaan uitvoer en dit verhoog pryse. Die suiwelprysindeks is 23% hoër as ʼn jaar gelede en die vleisprysindeks is op die hoogste vlak sedert 1995. Daar is ʼn tekort aan varkvleis in wes-Europa in die aanloop na die paasnaweek vakansiedae.

Die hele wêreld kry swaar met hoë voedselpryse.

Lees die FAO verslag hier.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s