Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek het gister ʼn verslag bekend gemaak wat Suid-Afrika se vordering om ontwikkelingsdoelwitte te bereik, evalueer vir 2021. Dit is ʼn baie interessante oorsig oor wat aangaan in die land.
Dit is ontwikkelingsdoelwitte wat gestel is in die Nasionale Ontwikkelingsplan en wat ooreenstem met die prioriteite van die President se Ekonomiese Herstel en Heropbou plan. Die idee is om te kyk of ons darem vordering maak met dinge soos ekonomiese groei en indiensname, bevordering van gesondheid, verbetering van onderwys, lewering van dienste ensovoorts.
Die belangrikste bevindinge is dat die Covid-19 pandemie ‘n groot impak gehad het op die ekonomie en indiensname geknou het, maar ons stelsel van sosiale beskerming tot die redding van die mees kwesbare huishoudings gekom het. Die landbousektor hou aan om goed te presteer en daar is hoop vir ‘n meer beleggingsvriendelike omgewing. Korrupsie en swak regering bly uitdagings.
Dit is ‘n lekker kort en kragtige verslag vol interessante grafieke en bondige verduidelikings, lees dit gerus.
Goeiedag
Die skakel (lees dit gerus) lei nie na die berig nie. Doen ek iets verkeerd?
LikeLike
Dankie dat jy laat weet Yvette (ek gaan sommer self die verslag daar laai)
LikeLike