Die repokoersbesluit

Die Ekonomie Minuut het die hele week gegaan oor gister se repokoersbesluit. Vang die hele storie hier op:

En toe het die Monetêre beleidskomittee gister aangekondig dat die repokoers verhoog word met 25 basispunte, of te wel tot 3,75%. Die primakoers styg dus tot 7,25%. Die verklaring hiervoor het nie almal tevrede gestel nie.

Die goewerneur Kganyago het die agtergrond mooi geskets. Hy het vertel dat hulle verwag dat die wêreldekonomie stadiger gaan begin groei. Vir Suid-Afrika beteken dit swakker kommoditeitspryse en ʼn klein vraag na ons uitvoerprodukte. Hy het verduidelik dat daar onsekerheid is oor inflasie in die buiteland en die normalisering van monetêre beleid, met ander woorde, stygende rentekoerse. Hy het ook gesê dat Suid-Afrika se groeivooruitsigte nie wat wonders lyk nie – 1,7% in 2022 en 1,8% in 2023. Hulle verwag dat beprekte werkskepping huishoudings se verbruik sal demp, dat investering beperk sal bly deur beurtkrag en onsekerheid. Hy het ook verduidelik dat die rand oor die laaste paar maande verswak het teen die dollar en dat brandstofpryse en elektrisiteitspryse hoog gaan bly. Daar is ʼn duidelike risiko dat inflasie oor die korttermyn gaan styg. ʼn Opname van inflasieverwagtinge toon ʼn verwagte koers van 4,4% in 2022. Die Reserwebank se eie vooruitskattings is vir inflasie van 4,3% volgende jaar en 4,6% die jaar daarna.

Teen hierdie hele agtergrond het hulle besluit om die repokoers te verhoog. Ek is bly ek gee maar net kommentaar en is nie ʼn lid van die komitee nie. Hierdie agtergrond van ekonomiese groei en inflasie in Suid-Afrika klink vir my soos redes om die repo onveranderd te los, maar daardie buitelandse faktore het die keer swaarder geweeg.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s