Ekonomiese groei in die tweede kwartaal

Die tweede kwartaal se BBP syfers is gister bekend gemaak en die ekonomie het in die tweede kwartaal met 1,2% gegroei.

Die sektore wat bygedra het tot die groei was vervoer en kommunikasie, landbou, persoonlike dienste, handel- spyseniering en verblyf, en mynbou. Vervaardiging, konstruksie, en finansiële en sake-dienste het ingekrimp.

Vanaf die bestedingskant is die groei gedra deur uitvoer. Vastekapitaalvorming en huishoudelike verbruiksbesteding het net-net positief gegroei.

  • Wat sê dit oor die vooruitsigte vir die jaar as geheel?

Die 1,2% is beter as verwag. Die ekonomie het met 1% gegroei in die eerste kwartaal (dit was oorspronklik 1,1% maar dit is hersien), en ekonome was bekommerd dat die inperking en beurtkrag ‘n tol sou eis in die tweede kwartaal. Dit is egter kommerwekkend dat die sekondêre sektor ingekrimp het. Dit ook belangrik om te onthou dat hierdie syfers sluit die impak van Julie-maand se vlak-4 inperking en die onluste uit.

  • Hoeveel produksie moet nog ingehaal word om op te maak vir 2020 se resessie?

As mens na die randwaarde kyk van die BBP teen 2015 pryse, seisoensaangepas en jaarliks uitgedruk is dit na die tweede kwartaal min of meer 4,523 miljoen miljoen rand. Dit is ongeveer R64 miljard rand laer as in die eerste kwartaal van 2020, voor die krisis getref het. Dus is ons omtrent so 1% van uitset agter.

Saam met bekendstelling van die data het StatsSA ook ‘n klomp goeie hulpbronne gegee. Kyk gerus na:

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s