Die Ekonomie van Covid-19

Die World Institute of Development Economics Research (WIDER) hou hierdie week ‘n aanlynkonferensie en daar is kans om na top-vlak sprekers te luister. Van hierdie navorsers fokus op Suid-Afrika. Prof Haroon Bhorat van UCT het ‘n aanbieding gemaak oor die impak wat die Covid-19 pandemie op die ekonomie gehad het. Dit is ‘n baie goeie opsomming van wat met uitset, indiensname, lone/salarisse gebeur het, die rol van toelae, en die impak wat dit alles op die begroting het. Kyk gerus na die video op YouTube.

My opsomming van die aanbieding is as volg:

Die impak van die pandemie op BBP, indiensname, ongelykheid:

  • Bruto Binnelandse Produk krimp met 7% (-6,4% na die aanpassing van die BBP data) in 2020. Die vraag is met hoeveel gaan uitset terug bons? Ramings is 2-5%.
  • Indiensname krimp met 8%, of dan ongeveer 1,4miljoen werksgeleenthede is verloor.
    • Mense met lae vaardigheidsvlakke en dié wat informeel indiensgeneem is het meer werksverliese gelei.
    • Ongeveer 30% van werksverliese was in die sekondêre sektor, 67% in die tersiere sektor.
    • Meer as 250 000 huiswerkers het hulle werke verloor
    • Van die tweede na die vierde kwartaal het indiensname herstel met 700 000 werksgeleenthede.
  • Daar was ook negatiewe inkomsteskokke: die median maandelikse loon val 10% van die eerste kwartaal na die vierde kwartaal. ‘n Groter persentasie van die afname is aan die hoër kant van die inkomste verdeling.

Die verskil wat die regering se sosiale ondersteuning gemaak het:

  • Aantal mense wat toelae ontvang het sekrp toegeneem met die R350-SRD toelaag.
  • 41% van bevolking is bereik.

Die langtermyn gevolge op makro vlak itv begrotingetekort en skuld:

  • Daar was ʼn skerp toename in die begrotingstekort en staatskuld, maar ekstra inkomste uit die oplewing van kommoditeitsuitvoer het dit weer afgebring.
  • Alle oë op die nuwe Minister van Finansies se mini-begroting in Oktober om te sien of hy kan voortgaan met fiskale konsolidasie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s