Wat kan ons verwag van die nuwe Minister van Finansies?

Laat ek begin deur te sê dat ek weet min van die binnewerke van die regering en van beleid, wat enige iemand anders nie ook in die koerant kan lees nie. In my kop was Minister Mboweni se belangrikste werk om nee te sê vir idees wat die land nie kan bekostig nie. Hy moes die bek van die seekoei probeer toe maak. Nou is die vraag: Wat kan ons dan verwag van die mnr Enoch Godongwana?

Business Times gee bietjie meer agtergrond oor hom: hy was die voorsitter van die ANC se ekonomiese transformasie komittee vir die laaste 10 jaar. Daar word gesê dat hy die party aangepor het om ‘n meer beleggers-vriendelike benadering te volg.

Waar mnr Mboweni ‘n buitestaander geword het, het Godongwana dalk die invloed wat nodig is om die ANC saam met hom te neem op die hervormingspad (sien vandag se Business Day). Maar waar Mboweni fiskaal konserwatief was, lyk dit of Godongwana meer in die middel sit en sommiges wonder of hy owerheidsbesteding onder beheer sal kan hou om so die doelwitte rondom die stabilisering van die staatskuld te bereik. Sy eerste groot toets gaan Oktobermaand se mini-begroting wees.

‘n Middeweg benadering is sigbaar in ‘n opiniestuk wat hy geskryf het in die Business Day van 29 Julie onder die opskrif: We must balance growth interventions, job creation, social grants. Hy argumenteer dat ‘n kombinasie van beleide nodig is: tydelike ondersteuning, soos die R350 toelaag en openbare werke programme, maar ook groei en transformasie van die ekonomie.

Dan sê hy dat om uit Suid-Afrika se lae-groei lokval te kom moet die fokus eerste wees om die uitbreiding van sosiale infrastruktuur, ekonomiese infrastruktuur, nywerheidsontwikkeling, en onderwys en opleidingsbeleide. Om dit te ondersteun is hervormings nodig wat investering bevorder.

Die uitdaging is dat almal verstaan (en hoop vir ) verskillende dinge wanneer hulle van hierdie hervormings hoor. Infrastruktuur-investering? Party dink private groen-energie, ander dink voorgeskrewe bate vereistes. Ondersteuning van klein en medium-grootte ondernemings? Party hoor deregulering, ander dink staatsbank. Mededingendheid? Party dink mark-vriendelike arbeidswetgewing, ander hoor lokalisering.

Dit is baie om te vra om ou ideologie te verander, maar dalk kan hy tog help om beleidmakers te laat dink oor die afkope wat Suid-Afrika in die gesig staar. Die onlangse kontantvoordeel wat staatsamptenare ontvang het as deel van die een-jaar loonooreenkoms gaan befonds word deur besnoeiings. Om oral ‘n bietjie te sny is oneffektief (veral as dit uit kapitaalbegrotings kom). Daar is nie meer veel speelruimte vir sulke tegniese oefeninge nie. Daar moet eerder op die hoogste vlak gedink word oor wat die staat kan doen en behoort te doen – gee die verhoging, maar laat sink die SAA, herkapitaliseer die padongelukkefonds of NSFAS.

Ek dink ons almal gaan Mnr Godongwana se werk met belangstelling dophou.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s