Internasionale ekonomiese vooruitsigte

Ek vra gereeld hoe gaan dit met die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar hoe lyk die konteks waarbinne ons ons moet groei? Internasionale ekonomiese vooruitsigte maak saak, want dit bepaal die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte en na ons finansiële bates. Dit beïnvloed weer die wisselkoers en rentekoerse, en dit beïnvloed alles anders.

Die IMF voorspel dat die wêreldekonomie hierdie jaar met 6% kan groei en volgende jaar met 4,9%. Maar daar is groot verskille tussen die ryk lande en ontluikende ekonomieë. Die verskille in groeivooruitsigte is die gevolg van verskille in hoe goed entstofprogramme werk, en hoeveel ondersteuning ʼn land se regering nog kan gee in die vorms van ekstra owerheidsbesteding en belastingverligting.

Faktore wat die groeivooruitsigte bedreig is nuwe variante van die virus en vierde en vyfde glowe van infeksies wat lei tot inperkings, vervoer bottelnekke, tekorte van seker produkte, en prysstygings.

Die IMF stel beleide voor vir elke fase van die krisis: om uit die krisis te ontsnap, om die herstel te versterk, en om te belê in die toekoms. Wat beteken dit alles vir Suid-Afrika?

Sterk groei van die Amerikaanse ekonomie hou weer Sjina se vraag na kommoditeite sterk en dit is goed vir ons uitvoer. Dit help om die rand-dollar wisselkoers relatief sterk te hou. Maar ons wil ook graag weer ons toerisme sektor deel maar van ‘n internasionale oplewing, maar dit gaan nie gebeur voor die inentingsprogram nie heelwat verder gevorder het nie.

In terme van die ondersteuning wat beleid kan bied is is die R350 toelaag is nog deel van ontsnapping uit die krisis. Om die herstel te versterk moet die beloofde hervorming van spektrum en onafhanklike elektrisiteitsopwekking so gou as moontlik gebeur.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s